Die stelsel bestaan uit n vacuum suig apperaat wat gekonsentreerde eOxideLQ 85-0.085% Clo2 in afgemete hoeveelhede gedoseer word.

Die eOxide oksideer die yster(Fe2+)na (Fe3+) wat dan presipiteer en is nie meer langer in opgeloste vorm in die grondwater nie.

Die water word dan na n reservoir gepomp waar al die yster uitsak na die bodem toe.

Die opgeloste yster konsentraat in die grondwater het verminder van 9.39 mg/L na 0.04 mg/L na behandeling

Sien GEOSS dokument hier onder vir voledige verslag   

 

Heil die leser,

Ek boer op die plaas Sandfontein naby Napier en het vir baie jare gesukkel met ‘n geweldige hoë yster inhoud in die water wat alles rooi verkleur het – van mure wat geverf is en waarteen die spreiers spuit, vrouens se ligte hare wat verkleur is, wit lakens, en ergste van alles al die spreiertjies se fyn spuite het toeverstop met die hoë yster inhoud. En die spilpunte haal ons soms hande vol rooi bruin modder(yster) uit, wat lei tot groot onderhoud, skade en verkorte lewensduur van hierdie duur apparaat.

Totdat ek uiteindelik teësinnig Mnr Andre Barkhuizen van EOX ‘n kans gegee het om te wys wat hy kan doen.Die verduidelikings klink inisieel baie ingewikkeld maar uiteindelik is dit nie so ingewikkeld nie en met sy demonstrasies en sisteem van vloeistof aanmaak wat die yster verminder het ek uitstekende resultate gekry – resultate wat met laboratorium toetse bevestig is dat die yster dramaties verminder het.

Alhoewel ‘n mens ‘n oog daarop moet hou en dit gereeld dophou en aanvul van die vloeistof, wat die yster inhoud verminder, die hoeveelheid van die spesiale vloeistof, wat gebruik moet word na ‘n heel aanvaarbare vlak, en mees belangrik die yster probleem word opgeklaar.

Die alternatiewe wat ek gehad het in terme van filters is bleikbaar ook effektief maar is ‘n geweldige duur oefening en was nie vir my prakties uitvoerbaar nie. Ek kan met groot vrymoedigheid hierdie sisteem van Mnr Andre Barkhuizen aanbeveel aan enige iemand wat sukkel met water wat ‘n hoë yster inhoud het.

Die uwe

Sias Voss

Back Back to top